HANDELINGE 7:49
HANDELINGE 7:49 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die hemel is my troon en die aarde die voetbank van my voete. Watter soort huis sal julle vir My bou, sê die Here, of hoedanig is die plek van my rus?
HANDELINGE 7:49 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die hemel is my troon en die aarde is my voetbank; watter huis sal julle vir My bou? spreek die Here: of wat is die plek van my rus?
HANDELINGE 7:49 Bybel vir almal (ABA)
“Die Here sê: Die hemel is my troon, die aarde is die plek waarop Ek my voete sit. Dink julle dat julle vir Mý 'n huis kan bou waar Ek kan woon? Dit sê die Here. Dink julle dat daar 'n plek is waar Ek moet rus?
HANDELINGE 7:49 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Die hemel is my troon en die aarde die rusplek vir my voete, sê die Here. Watter soort huis sal julle tog vir My bou of watter plek as my rusplek?
HANDELINGE 7:49 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ ‘ Die hemel is my troon, en die aarde die voetbank vir my voete. Watter soort huis sal julle vir My bou, sê die Here, of waar is my rusplek?
HANDELINGE 7:49 Die Boodskap (DB)
‘Die hemel is my troonsaal. Daar regeer Ek. Die aarde is slegs die rusplek vir my voete. Hoe sal julle dan ooit vir My ’n huis kan bou wat groot genoeg is? Kan julle regtig vir My ’n rusplek oprig waar Ek sal wil bly? Nee, julle kan nie. Ek het dit in elk geval klaar gedoen.