Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

HANDELINGE 7:60 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

HANDELINGE 7:60 AFR83 (Afrikaans 1983)

Toe het hy op sy knieë neergesak en hard uitgeroep: “Here, moet hulle tog nie hierdie sonde toereken nie!” Met hierdie woorde het hy gesterwe.

HANDELINGE 7:60 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En hy het op sy knieë neergeval en met 'n groot stem uitgeroep: Here, reken hulle hierdie sonde nie toe nie! En met dié woorde het hy ontslaap.

HANDELINGE 7:60 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Hy het op sy knieë neergesak en hard uitgeroep: “Here, moenie hierdie sonde teen hulle hou nie!” Met hierdie woorde het hy gesterf.

HANDELINGE 7:60 DB (Die Boodskap)

Toe dit gebeur, het Saulus al die klipgooiers gaan gelukwens met die moord wat hulle gepleeg het.

HANDELINGE 7:60 ABA (Bybel vir almal)

Toe het hy op sy knieë geval en hy het hard geskree: “Here, die mense maak my dood, maar U moenie vir hulle straf oor hierdie sonde nie, want hulle weet nie wat hulle doen nie.” En nadat hy dit gesê het, het hy gesterf.

HANDELINGE 7:60 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Hy het op sy knieë geval en met 'n harde stem uitgeroep: “Here, reken hulle hierdie sonde nie toe nie!” En met dié woorde het hy ontslaap.

HANDELINGE 7:60 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En hy het op sy knieë neergeval en met 'n groot stem uitgeroep: Here, reken hulle hierdie sonde nie toe nie. En toe hy dit gesê het, het hy aan die slaap geraak.