HANDELINGE 8:2 - Compare All Versions

HANDELINGE 8:2 ABA (Bybel vir almal)

Daar was manne wat lief was vir die Here en wat Hom gedien het soos Hy wil hê. Hierdie manne het vir Stefanus begrawe. En hulle het baie gehuil en getreur oor hom.

HANDELINGE 8:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En godvresende manne het Stéfanus begrawe en 'n groot rou oor hom bedrywe.

HANDELINGE 8:2 AFR83 (Afrikaans 1983)

Godvresende mense het vir Stefanus begrawe en daar is baie oor hom gerou.

HANDELINGE 8:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Vroom manne het Stefanus begrawe en uitermate oor hom gerou.

HANDELINGE 8:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En vrome manne het Stefanus na sy begrafnis gedra en oor hom gerou.

HANDELINGE 8:2 DB (Die Boodskap)

Stefanus is intussen begrawe deur ’n paar mans wat God met groot toewyding gedien het. Hulle was hartseer oor sy dood.

HANDELINGE 8:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

(Godvresende mense het Stefanus begrawe en hulle het baie oor hom getreur.)