AMOS 4:6
AMOS 4:6 Die Boodskap (DB)
“In al julle dorpe het Ek gemaak dat daar nie kos is om te eet nie. Ek het gesorg dat daar in al julle blyplekke niks brood is om te eet nie. Maar nogtans het julle nie daaraan gedink om terug te kom en by My kos te kom vra nie,” sê die Here.
AMOS 4:6 Bybel vir almal (ABA)
“Ek het julle honger laat bly oral waar julle woon. Maar julle het nie teruggekom na My toe nie.” Dit sê die Here.
AMOS 4:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Alhoewel Ék julle reinheid van tande gegee het in al julle stede en broodsgebrek in al julle woonplekke — nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die HERE.
AMOS 4:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek het hongersnood in al julle stede laat kom, broodsgebrek in al julle dorpe, maar julle het julle nie tot My bekeer nie, sê die Here.
AMOS 4:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Selfs toe Ek julle met leë monde gelaat het in al julle stede, met broodgebrek in al julle woonplekke, het julle nie na My teruggekeer nie,” is die uitspraak van die HERE.