AMOS 8:12
AMOS 8:12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle sal ronddwaal van see tot see, en van die noorde tot die ooste, hulle sal heen en weer hardloop om die woord van die HERE te soek en dit nie vind nie.
Deel
Lees AMOS 8AMOS 8:12 Bybel vir almal (ABA)
Hulle sal soek van die een see tot by die ander see. Hulle sal oral soek, van die noorde tot by die ooste, om te hoor wat die Here sê, maar hulle sal niks hoor nie.
Deel
Lees AMOS 8AMOS 8:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hulle sal swerwe van see tot see en rondslinger van noord na oos, om na die woord van die HERE te soek, maar hulle sal dit nie vind nie.
Deel
Lees AMOS 8AMOS 8:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die mense sal ronddwaal van see tot see, rondslinger van noord tot oos om die woord van die Here te soek, maar hulle sal dit nie kry nie.
Deel
Lees AMOS 8AMOS 8:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle sal strompel van see tot see; van noord na oos sal hulle dwaal, op soek na die woord van die HERE, maar dit nie vind nie.
Deel
Lees AMOS 8