KOLOSSENSE 1:21 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
KOLOSSENSE 1:21 AFR83 (Afrikaans 1983)
Ook julle was voorheen ver van God af en vyandiggesind teenoor Hom, soos blyk uit julle sondige lewenswyse.
KOLOSSENSE 1:21 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Ook julle wat vroeër vervreemd was en vyandig gesind deur die bose werke, het Hy nou versoen
KOLOSSENSE 1:21 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Eers was julle ook ver van God af. Met verkeerde dade het julle gewys dat julle Hom vyandiggesind is.
KOLOSSENSE 1:21 DB (Die Boodskap)
Julle onthou mos hoe julle voorheen op die verkeerde pad was. Julle was nie God se vriende nie; inteendeel, julle was sy vyande. Julle slegte gesindheid het veroorsaak dat julle net so sleg opgetree het.
KOLOSSENSE 1:21 ABA (Bybel vir almal)
Voorheen was julle ver van God, julle was God se vyande en julle het slegte dinge gedink en gedoen.
KOLOSSENSE 1:21 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ook julle was voorheen van Hom vervreem, ja, vyandiggesind teenoor Hom, op grond van julle slegte dade
KOLOSSENSE 1:21 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En julle, wat eens vervreemd en vyande in julle gemoed was deur bose werke, maar nou het Hy versoen