DANIËL 2:21 - Compare All Versions

DANIËL 2:21 ABA (Bybel vir almal)

Hy laat jare en maande verbygaan en Hy sê wat moet gebeur. Hy vat konings weg, Hy kies nuwe konings en stel hulle aan. God gee wysheid en kennis vir wyse en verstandige mense.

DANIËL 2:21 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Hy tog verander die tye en die geleenthede; Hy sit konings af en stel konings aan; Hy verleen wysheid aan die wyse manne en kennis aan die wat insig het

DANIËL 2:21 AFR83 (Afrikaans 1983)

Hy wat tye en omstandighede verander, wat konings afsit en konings aanstel, wat aan die wyse manne die wysheid gee en die verstand aan dié wat insig het

DANIËL 2:21 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Hy verander tye en tydperke; Hy sit konings af en stel konings aan. Hy gee wysheid aan wyses en kennis aan wie insig het.

DANIËL 2:21 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En Hy verander die tye en geleenthede: Hy sit konings af en stel konings aan; Hy gee wysheid aan die wyse mense en kennis aan die wat verstand ken.

DANIËL 2:21 DB (Die Boodskap)

Hy bepaal die koers van alles en almal in die wêreld; Hy haal konings uit hulle magsposisies uit en stel ander in hulle plek aan. Hy gee kennis en insig.

DANIËL 2:21 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Hy bepaal die gang van wêreldgebeure. Hy sit konings af en stel konings aan; Hy gee wysheid vir dié wat wys is en kennis vir dié wat insig het