DANIËL 8:19-21
DANIËL 8:19-21 Bybel vir almal (ABA)
Gabriël het vir my gesê: “Ek sal nou vir jou sê wat sal gebeur wanneer God nie meer kwaad sal wees vir sy mense nie. Die skaap-ram met die twee horings wat jy gesien het, is die konings van Medië en Persië. En die bok-ram wat baie hare het, is die koning van die Grieke. Die groot horing wat tussen sy oë was, is die eerste koning.
DANIËL 8:19-21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en gesê: Kyk, ek maak jou bekend wat aan die einde van die strafgerig sal gebeur, want dit sien op die bepaalde tyd van die einde. Die ram wat jy gesien het met die twee horings, is die konings van die Meders en die Perse. En die harige bok is die koning van Griekeland; en die groot horing wat tussen sy oë was, dit is die eerste koning.
DANIËL 8:19-21 Afrikaans 1983 (AFR83)
en vir my gesê: “Ek sal jou vertel waarop die toorn van God gaan uitloop. Dit gaan oor die eindtyd. Die skaapram met horings wat jy gesien het, staan vir die koninkryk van Medië en Persië. Die harige bokram staan vir die koninkryk van Griekeland, en die groot horing tussen sy oë is die eerste koning.
DANIËL 8:19-21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en gesê: “Kyk, ek gaan aan jou bekend maak wat sal gebeur aan die einde van die vervloeking, want dit verwys na die vasgestelde tyd aan die einde. Die ram wat jy gesien het met die twee horings, is die konings van Medië en Persië. En die harige bokram is die koning van Jawan. Die groot horing tussen sy oë, dit is die eerste koning.
DANIËL 8:19-21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy sê: Kyk, Ek maak jou bekend wat aan die einde van die grimmigheid sal wees, want op die vasgestelde tyd sal die einde wees. Die ram wat jy gesien het met twee horings, is die konings van Medië en Persië. En die growwe bok is die koning van Griekeland, en die groot horing wat tussen sy oë is, is die eerste koning.
DANIËL 8:19-21 Die Boodskap (DB)
Toe sê hy vir my: “Ek is hier om jou te wys hoe God se oordeel gaan wees, want wat jy gesien het, het te make met die laaste dae op aarde. “Die skaapram met die twee horings verwys na die koninkryke van Medië en Persië. Die bokram is die koninkryk van Griekeland en die groot horing tussen sy oë die eerste koning.
DANIËL 8:19-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy sê toe vir my: “Ek lig jou in oor waarheen God se verontwaardiging gaan lei. Dit gaan oor die eindtyd. Die ram wat jy gesien het met die twee horings is die konings van Medië en Persië. Die bok is die koning van Griekeland. Die groot horing tussen sy oë is die eerste Griekse koning.