DEUTERONOMIUM 1:17
DEUTERONOMIUM 1:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Julle mag in die gereg nie partydig wees nie; julle moet klein sowel as groot aanhoor; julle mag niemand ontsien nie, want die gereg is die saak van God. Maar die saak wat vir julle te moeilik is, moet julle na my toe bring, en ek sal dit in verhoor neem.
DEUTERONOMIUM 1:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moenie partydig wees as julle 'n saak verhoor nie, luister na klein en groot. Moenie vir mense bang wees nie. Wie regspreek, is in diens van God. Sake wat vir julle te moeilik is, moet julle na my toe bring en ek sal hulle verhoor.’
DEUTERONOMIUM 1:17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Julle mag mense in die oordeel nie eerbiedig nie; maar julle sal die klein sowel as die groot hoor; julle moet nie bang wees vir die aangesig van die mens nie; want die oordeel is aan God; en die saak wat vir julle te swaar is, bring dit na my toe, en ek sal dit verhoor.
DEUTERONOMIUM 1:17 Bybel vir almal (ABA)
Julle moenie téén party mense wees en vír ander mense wees nie, julle moet luister na belangrike én na onbelangrike mense. Julle moet vir niemand bang wees nie, want dit is God wat sal sê hoe julle moet oordeel. En as iets te moeilik is vir julle, dan moet julle dit vir my kom sê, dan sal ek luister na wat die mense sê.’
DEUTERONOMIUM 1:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Moenie partydig wees in 'n regsaak nie. Luister na die onbelangrike persoon soos julle na die belangrike persoon sou luister. Moet julle nie deur 'n mens laat afdreig nie, want die regspraak is 'n saak van God. 'n Saak wat vir julle te moeilik is, moet julle na my toe bring, dan sal ek dit verhoor.’
DEUTERONOMIUM 1:17 Die Boodskap (DB)
Hulle moes altyd onpartydig wees. Klein en groot moes billik verhoor word. Regters moes vir niemand bang wees nie, want die Here was by hulle. En as daar moeilike sake was, moes hulle dit na my toe bring.
DEUTERONOMIUM 1:17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Wanneer julle uitsprake lewer, moenie die ryk mense bevoordeel nie. Wees ewe regverdig teenoor belangrike en onbelangrike mense. Moenie bang wees oor hoe hulle sal reageer nie, want julle tree namens God as regters op. Bring die sake wat vir julle te moeilik is na my toe, ek sal dit self hanteer.’