DEUTERONOMIUM 10:17
DEUTERONOMIUM 10:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want die HERE julle God is die God van die gode en die HERE van die here; die grote, magtige en gedugte God wat die persoon nie aansien en geen geskenk aanneem nie
DEUTERONOMIUM 10:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here jou God, Hy alleen is God, die Here: die groot God, die magtige, wat wonderdade doen, wat vir niemand partydig is nie en ook nie omkoopgeld aanneem nie.
DEUTERONOMIUM 10:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE is immers julle God; Hy is die God van die gode en die Heer van die here; die groot, die magtige, die ontsagwekkende God wat onpartydig is en geen omkoopgeskenk aanvaar nie
DEUTERONOMIUM 10:17 Die Boodskap (DB)
“Die Here jou God is sterker as enige ander god en Hy is magtiger as alle mense op die aarde. Hierdie groot, magtige en sterk God kies nie kant in hofsake nie en word nooit omgekoop nie.
DEUTERONOMIUM 10:17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Die HERE jou God is die God van die gode en die Here van die here. Hy is die groot God, magtig en ontsagwekkend. Hy is nie partydig nie en aanvaar ook nie omkoopgeld nie.