DEUTERONOMIUM 10:20
DEUTERONOMIUM 10:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die HERE jou God moet jy vrees, Hom moet jy dien en Hom moet jy aanhang en by sy Naam sweer.
DEUTERONOMIUM 10:20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Jy moet die HERE jou God vrees; hom moet jy dien, en hom moet jy aankleef en by sy Naam sweer.
DEUTERONOMIUM 10:20 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet julle God die Here respekteer en Hom dien en naby Hom bly, en wanneer julle iets belowe, dan moet julle sê die Here is die getuie.
DEUTERONOMIUM 10:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jy moet die Here jou God eer, Hom dien en aanhang, en wanneer jy 'n eed aflê, moet jy dit in sy Naam doen.
DEUTERONOMIUM 10:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Vir die HERE jou God moet jy ontsag hê – Hom moet jy dien, aan Hom moet jy vashou en slegs in sy Naam moet jy sweer.