DEUTERONOMIUM 28:13
DEUTERONOMIUM 28:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die HERE sal jou die kop maak en nie die stert nie; en jy sal net bo wees, en jy sal nie onder wees nie; as jy luister na die gebooie van die HERE jou God wat ek jou vandag beveel, om dit te onderhou en te doen
DEUTERONOMIUM 28:13 Die Boodskap (DB)
“As julle baie mooi luister wat die Here julle God vir julle beveel en julle doen presies wat Hy sê, sal Hy julle die belangrikste op aarde maak. Julle sal oor ander nasies heers. Julle sal altyd die sterkste wees.
DEUTERONOMIUM 28:13 Bybel vir almal (ABA)
As julle gehoorsaam is aan die wette van julle God die Here en as julle aanhou om te doen wat ek vandag vir julle sê, dan sal die Here sê julle is die kop, nie die stert nie. Julle sal altyd bo wees, nie onder nie.
DEUTERONOMIUM 28:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die HERE sal jou die kop en nie die stert maak nie, en jy sal net boontoe en nie ondertoe gaan nie as jy luister na die gebooie van die HERE jou God wat ek jou vandag beveel om te hou en te doen
DEUTERONOMIUM 28:13-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
“As jy luister na die Here jou God se gebooie wat ek jou vandag gee, as jy hulle gehoorsaam en daarvolgens lewe en nie ander gode aanhang en dien en so afwyk van alles wat ek jou vandag beveel nie, sal die Here jou God jou die kop maak, nie die stert nie, en sal jy altyd bo wees, nie onder nie.