DEUTERONOMIUM 28:14
DEUTERONOMIUM 28:14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En jy mag van geen van die woorde wat ek jou vandag beveel, regs of links afwyk om agter ander gode aan te loop om hulle te dien nie.
DEUTERONOMIUM 28:14 Die Boodskap (DB)
Wees baie versigtig dat julle niks nalaat wat die Here wil hê julle moet doen nie. Wees veral versigtig om nie voor ander gode neer te buig en hulle te aanbid nie.”
DEUTERONOMIUM 28:14 Bybel vir almal (ABA)
Maar dan moet julle aanhou om alles te doen wat ek vandag vir julle sê, julle moenie ander gode dien nie.
DEUTERONOMIUM 28:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en jy nie regs of links afwyk van al die woorde wat ek julle vandag beveel, om agter ander gode aan te loop om hulle te dien nie.
DEUTERONOMIUM 28:13-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
“As jy luister na die Here jou God se gebooie wat ek jou vandag gee, as jy hulle gehoorsaam en daarvolgens lewe en nie ander gode aanhang en dien en so afwyk van alles wat ek jou vandag beveel nie, sal die Here jou God jou die kop maak, nie die stert nie, en sal jy altyd bo wees, nie onder nie.