EFESIËRS 1:5-6
EFESIËRS 1:5-6 Bybel vir almal (ABA)
Voordat God die wêreld gemaak het, het Hy besluit dat ons sy kinders moet wees. Hy het vir Jesus Christus gestuur sodat ons God se kinders kon word. God wou graag hê ons moet sy kinders wees. God was baie goed vir ons, Hy het sy Seun gestuur, Hy is lief vir sy Seun. Daarom prys ons Hom, die Koning wat goed is vir ons.
EFESIËRS 1:5-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil, tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde.
EFESIËRS 1:5-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees. Daarom moet ons God prys vir sy wonderlike genade wat Hy in die Geliefde vrylik aan ons geskenk het.
EFESIËRS 1:5-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
nadat Hy ons voorbestem het om ons deur Jesus Christus as sy kinders aan te neem, soos Hy dit volgens sy wil goedgedink het, tot lof van die heerlikheid van sy genade, waarmee Hy ons in die Geliefde begenadig het.
EFESIËRS 1:5-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ons het ons voorbeskik tot die aanneming van kinders deur Jesus Christus vir Homself, volgens die welbehae van sy wil, Tot lof van die heerlikheid van sy genade waarin Hy ons aangeneem het in die geliefde.
EFESIËRS 1:5-6 Die Boodskap (DB)
Dit alles het Hy uit liefde gedoen. Ja, Hy het vooraf besluit om ons sy eie kinders te maak. Hy het besluit om dit te doen om geen ander rede as dat Hy dit graag vir ons wou doen nie. En dit is nie sommer net ’n storie nie - Jesus Christus het kom sorg dat dit regtig gebeur. Daarom moet ons vir ander vertel hoe wonderlik en groot God is en wat Hy alles vir ons gedoen het. Ons het niks verdien nie, maar God het dit verniet vir ons kom gee. Ek sê weer: Jesus, vir wie God so lief is, het kom sorg dat dit alles gebeur.