EFESIËRS 2:10
EFESIËRS 2:10 Bybel vir almal (ABA)
want dit is God wat ons gemaak het wat ons is. Hy het vir Christus Jesus gestuur sodat ons soos nuwe mense kan lewe en goeie dinge kan doen. God het hierdie goeie dinge wat ons moet doen, lank gelede gereedgemaak.
EFESIËRS 2:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.
EFESIËRS 2:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.
EFESIËRS 2:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ons is immers sy maaksel, geskep in Christus Jesus om goeie werke wat God voorberei het, te doen, en daarvolgens te leef.
EFESIËRS 2:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God vooraf bestem het, sodat ons daarin kan wandel.
EFESIËRS 2:10 Die Boodskap (DB)
Onthou, God het ons gemaak wat ons nou is. Dit is Hy wat ons nuut gemaak het omdat ons Christus Jesus s’n is. Hy het dit gedoen sodat ons reg en goed kan leef soos Hy lankal besluit het ons moet leef.