EFESIËRS 2:4-5
EFESIËRS 2:4-5 Die Boodskap (DB)
Maar God het sake, en veral ons, nie so gelos nie. Hy het ons baie lief en Hy loop oor van goedheid. Toe ons nog in die sonde geleef het asof God nie eens bestaan nie, het God ons kom haal. Saam met Christus het Hy vir ons ’n nuwe lewe gegee. Ons kon weer voor begin. Moenie dink dat dit is omdat julle so goed is nie. Nee, omdat God so goed is, sonder dat julle iets daarvan verdien, is julle uit die kloue van die sonde gered. Julle is nou Jesus s’n, en wat Jesus s’n is, is julle s’n.
EFESIËRS 2:4-5 Bybel vir almal (ABA)
Maar God is baie jammer vir ons. Hy is baie lief vir ons en Hy het dit vir ons gewys. Ons was geestelik dood, want ons het verkeerde dinge gedoen. Maar God het vir Christus weer laat lewe, en so het Hy ons laat lewe. Julle moet onthou God het julle gered omdat Hy goed is vir julle.
EFESIËRS 2:4-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus — uit genade is julle gered
EFESIËRS 2:4-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief. Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak. Uit genade is julle gered!
EFESIËRS 2:4-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar God, ryk in barmhartigheid, het ons, alhoewel ons dood was as gevolg van die oortredings, op grond van sy groot liefde waarmee Hy ons liefgehad het, saam met •Christus lewend gemaak – uit genade is julle verlos!
EFESIËRS 2:4-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, oor sy groot liefde waarmee Hy ons liefgehad het, Selfs toe ons dood was in die sondes, het ons lewend gemaak saam met Christus (uit genade is julle gered;)
EFESIËRS 2:4-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Maar God se ontferming is oorvloedig. Die liefde waarmee Hy ons liefgehad het, was so groot dat toe ons verkeerde lewe ons geestelike dood veroorsaak het, Hy ons saam met Christus lewend gemaak het. Dis dus God se genade wat maak dat julle verlos is!