EFESIËRS 4:10
EFESIËRS 4:10 Bybel vir almal (ABA)
Ja, Christus het afgekom na die aarde en toe het Hy weer teruggegaan na die hoogste hemel. Hy het dit gedoen sodat Hy oral en altyd kan regeer.
EFESIËRS 4:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy wat neergedaal het, is dieselfde as Hy wat opgevaar het bokant al die hemele, sodat Hy alles tot volheid kan bring.
EFESIËRS 4:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Een wat neergedaal het, is ook die Een wat opgevaar het bo alle hemelruimtes uit om alles met sy teenwoordigheid te vul.
EFESIËRS 4:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die Een wat neergedaal het, is dieselfde Een wat opgevaar het tot bo al die hemele, sodat Hy alle dinge kon vul.
EFESIËRS 4:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy wat neergedaal het, is dieselfde wat opgevaar het ver bo al die hemele, om alles te vervul.)
EFESIËRS 4:9-10 Die Boodskap (DB)
(Wat presies beteken hierdie “teruggaan hemel toe”? Dit beteken mos dat Hy voorheen in die hemel was en toe na die aarde toe afgekom het. Juis Hy is terug hemel toe. Nou is daar nie ’n hoekie of kantjie van hierdie heelal waar Jesus nie teenwoordig is nie.)