EFESIËRS 4:20-24
EFESIËRS 4:20-24 Bybel vir almal (ABA)
Maar julle het vir Christus leer ken en toe het julle geleer dat al daardie dinge verkeerd is. Ja, julle het gehoor van Hom, julle het geleer van Hom, julle weet Jesus is self die waarheid. Julle het geleer dat julle moet ophou om te lewe soos julle voorheen gelewe het. Toe was julle sleg en julle het die slegte dinge gedoen wat julle graag wou doen. Maar julle het geleer dat julle anders moet dink en nuwe mense moet word. Ja, God het julle verander en Hy het julle nuwe mense gemaak. Nou moet julle lewe soos nuwe mense. Julle moet waarlik lewe soos God wil hê en julle moet doen wat Hy wil hê.
EFESIËRS 4:20-24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar julle het Christus nie so leer ken nie, as julle ten minste van Hom gehoor het en in Hom onderrig is soos die waarheid is in Jesus: dat julle, wat die vorige lewenswandel betref, die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan, en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.
EFESIËRS 4:20-24 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar dit is nie hoe julle Christus leer ken het nie. Julle het tog van Hom gehoor, en omdat julle sy volgelinge is, is julle onderrig volgens die waarheid wat in Jesus is. Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het; breek met die ou, sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word. Julle gees en gedagtes moet nuut word; lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig.
EFESIËRS 4:20-24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar julle het •Christus nie so leer ken nie. Julle het tog van Hom gehoor, en julle is oor Hom onderrig, volgens die waarheid wat in Jesus is, naamlik dat julle, wat julle vroeëre lewenswandel betref, die ou mens moet aflê, wat as gevolg van sy misleidende drange vergaan. Julle moet eerder in die aard van julle denke vernuwe word. Ja, trek die nuwe mens as kleed aan, wat in ware •geregtigheid en heiligheid in ooreenstemming met God geskep is.
EFESIËRS 4:20-24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar julle het Christus nie so geleer nie; As julle hom gehoor het en deur hom geleer is, soos die waarheid in Jesus is: dat julle met betrekking tot die vorige lewenswandel die oue mens aflê, wat verdorwe is volgens die bedrieglike begeerlikhede; En word vernuwe in die gees van julle gemoed; En dat julle met die nuwe mens moet beklee, wat na God geskape is in geregtigheid en ware heiligheid.
EFESIËRS 4:20-24 Die Boodskap (DB)
Julle het Christus egter nie so leer ken nie. Toe julle van Hom gehoor het, het julle sy volgelinge geword. So het julle geleer wat die waarheid is, want dit is alleen as jy Jesus ken dat jy by die waarheid uitkom. Los julle ou manier van lewe. Soos ’n mens vuil klere uittrek, moet julle julle ou geaardheid uittrek, want dit is vol sonde en wil net verkeerde dinge doen. Die einde van daardie pad loop op verwoesting uit. Julle moet ’n nuwe gesindheid kry en op ’n nuwe manier oor dinge dink. Hierdie nuwe lewenstyl moet julle deel van julle lewe maak soos ’n mens nuwe klere aantrek. Ons nuwe lewe moet ons al meer soos God laat lyk: ons moet reg lewe soos God dit wil hê en ons heeltemal aan Hom toewy.
EFESIËRS 4:20-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Maar dis nie hoe julle Christus leer ken het nie! Julle het tog van Hom gehoor. Julle het tog aangaande Hom onderrig ontvang volgens die waarheid wat daar by Jesus is. Julle het tog in julle eenheidsband met Jesus die waarheid geleer, naamlik dat julle, wat julle vroeëre leefstyl betref, die ou, sondige mens soos vuil klere moet uittrek. Bedrieglike begeertes laat hierdie mens te gronde gaan. Julle moet op ’n nuwe, geestelike manier leer dink. Ja, trek die nuwe mens soos skoon klere aan, die mens wat na God se beeld geskape is: iemand wat werklik reg lewe voor God en werklik aan Hom toegewy is.