EFESIËRS 4:23 - Compare All Versions

EFESIËRS 4:23 ABA (Bybel vir almal)

Maar julle het geleer dat julle anders moet dink en nuwe mense moet word.

EFESIËRS 4:23 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed

EFESIËRS 4:23 AFR83 (Afrikaans 1983)

Julle gees en gedagtes moet nuut word

EFESIËRS 4:23 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Julle moet eerder in die aard van julle denke vernuwe word.

EFESIËRS 4:23 DB (Die Boodskap)

Julle moet ’n nuwe gesindheid kry en op ’n nuwe manier oor dinge dink.

EFESIËRS 4:23 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Julle moet op ’n nuwe, geestelike manier leer dink.