EFESIËRS 4:7-8
EFESIËRS 4:7-8 Bybel vir almal (ABA)
Christus het vir elkeen van ons die genadegawe gegee wat Hy vir ons wou gee. Die genadegawe wat Hy vir ons gegee het, is soos 'n present. Daarom lees ons in die Ou Testament: Hy het opgegaan na die hemel en Hy het gevangenes saamgeneem, Hy het vir die mense presente gegee.
EFESIËRS 4:7-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar aan elkeen van ons is die genade gegee volgens die mate van die gawe van Christus. Daarom sê Hy: Toe Hy opgevaar het in die hoogte, het Hy die gevangenes gevange geneem en gawes aan die mense gegee.
EFESIËRS 4:7-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Aan elkeen van ons is 'n genadegawe gegee volgens die mate waarin Christus die gawes uitgedeel het. Daarom sê die Skrif: “Toe Hy na die hoogte opgevaar het, het Hy krygsgevangenes saamgeneem en gawes aan die mense gegee.”
EFESIËRS 4:7-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar aan elkeen van ons is 'n genadegawe geskenk, soos •Christus dit uitgedeel het. Daarom staan daar: “Toe Hy opgevaar het na bo, het Hy krygsgevangenes weggevoer; Hy het gawes aan die mense gegee.”
EFESIËRS 4:7-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar aan elkeen van ons word genade gegee volgens die mate van die gawe van Christus. Daarom sê Hy: Toe Hy opgevaar het na die hoogte, het Hy gevangenes gevange geneem en gawes aan die mense gegee.
EFESIËRS 4:7-8 Die Boodskap (DB)
Hierdie spesiale geskenke het Hy vir ons gegee sonder dat een van ons dit verdien het. Daarom sê die Skrif van Jesus: “Toe Hy terug is hemel toe, het Hy teruggegaan soos ’n koning wat die oorlog gewen het. Almal kon aan sy vyande sien dat Hy gewen het en Hy het geskenke aan die mense uitgedeel.”