EFESIËRS 5:15-17 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

EFESIËRS 5:15-17 AFR83 (Afrikaans 1983)

Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in 'n goddelose tyd. Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen.

EFESIËRS 5:15-17 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse; en koop die tyd uit, omdat die dae boos is. Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is.

EFESIËRS 5:15-17 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Wees dus baie versigtig hoe julle lewe. Moenie soos dwase mense leef nie, leef wys! Benut elke geskikte ge-leentheid, want ons lewe in slegte tye. Moenie on-deurdag optree nie, maar probeer uitvind wat God se wil is.

EFESIËRS 5:15-17 DB (Die Boodskap)

Wees baie versigtig hoe julle leef. Leef soos mense wat weet wat God van ’n sinvolle lewe verwag en nie soos mense wat niks daarvan weet nie. Moenie jou tyd mors nie. Maak die beste gebruik van elke geleentheid wat jy kry, want ons leef in moeilike en slegte tye. Moenie julle lewens mors deur sonder ’n doel te leef nie, maar maak seker hoe die Here wil hê julle moet leef.

EFESIËRS 5:15-17 ABA (Bybel vir almal)

Daarom moet julle seker wees dat julle reg lewe. Julle moet die regte dinge doen en sê. Julle moenie verkeerde dinge doen en sê nie. Julle moet elke minuut reg gebruik, elke minuut wat julle lewe, want dit is nou die tyd wanneer mense slegte dinge doen. Julle moenie dom dinge doen nie, julle moet seker wees dat julle verstaan wat die Here wil hê julle moet doen.

EFESIËRS 5:15-17 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Let daarom sorgvuldig op hoe julle leef – nie as onverstandiges nie, maar as wyses. Koop die tyd uit, omdat die dae vol boosheid is. Om hierdie rede moet julle nie onverstandig wees nie; probeer eerder om te verstaan wat die wil van die Here is.

EFESIËRS 5:15-17 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as dwase nie, maar as wyse, Verlos die tyd, want die dae is boos. Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is.