EFESIËRS 6:11
EFESIËRS 6:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel.
EFESIËRS 6:11 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet alles gebruik wat God vir julle gee om aan te hou oorlog maak teen die duiwel. Hy maak baie skelm planne teen julle.
EFESIËRS 6:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.
EFESIËRS 6:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die listighede van die Duiwel.
EFESIËRS 6:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.
EFESIËRS 6:11 Die Boodskap (DB)
Laat ek die voorbeeld van soldate in ’n oorlog gebruik. Trek die klere aan wat God vir julle gegee het om mee te veg sodat die duiwel julle nie sommer om die eerste hoek en draai met al sy slim planne oorrompel nie. Een ding moet julle weet. Daar is ’n oorlog aan die gang en ons veg ook daarin.