EFESIËRS 6:16-17
EFESIËRS 6:16-17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer. Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God.
EFESIËRS 6:16-17 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet aanhou om in Christus te glo. Dit is soos wanneer 'n soldaat 'n skild neem om hom te beskerm, dit keer die brandpyle waarmee die duiwel julle wil skiet. God het julle gered en julle moet dit aanvaar. Dit is soos die helm op 'n soldaat se kop. God praat met julle. Ja, die Heilige Gees sê vir julle wat God sê. Dit is soos die swaard waarmee 'n soldaat veg.
EFESIËRS 6:16-17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus. En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees — dit is die woord van God
EFESIËRS 6:16-17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en by dit alles die skild van die geloof op te neem, waardeur julle in staat sal wees om al die vurige pyle van die Bose te blus. Dra ook die helm van verlossing en die swaard van die Gees – dit is die woord van God.
EFESIËRS 6:16-17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Bo alles, neem die skild van geloof waarmee julle in staat sal wees om al die vurige pyle van die goddelose te blus. En neem die helm van verlossing en die swaard van die Gees, dit is die woord van God.
EFESIËRS 6:16-17 Die Boodskap (DB)
Dan is daar nog jou geloof. Die intieme verhouding met die Here moet soos ’n skild wees waarmee jy al die giftige aanvalle van die Bose keer en eenkant toe slaan. Jy is nie meer in die kloue van die sonde nie; nee, jy is gered. Dit is soos ’n ysterhelm wat jou gesig en kop beskerm. Die boodskap van God is soos ’n swaard wat die Heilige Gees vir jou gee om die stryd mee te voer.
EFESIËRS 6:16-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dra onder alle omstandighede die skild van die geloof. Daarmee kan julle al die brandpyle blus wat die Bose afskiet. Gebruik God se verlossing as ’n helm om julle koppe te beskerm. En gebruik die swaard van die Gees, dit is God se woord.