EFESIËRS 6:18-24
EFESIËRS 6:18-24 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet altyd luister na die Heilige Gees en dan moet julle bid, julle moet vir God vra wat julle nodig het. Ja, julle moet altyd gereed wees en aanhou bid vir al God se mense. Julle moet ook vir my bid. Bid dat God die regte woorde vir my sal gee wanneer ek praat. Dan sal ek die goeie boodskap preek, ek sal nie bang wees om dit te doen nie. Niemand het voorheen hierdie boodskap geken nie, maar God het nou vir ons gesê wat dit is. Ek is in die tronk omdat God my gekies het om die goeie boodskap te bring. Julle moet bid dat ek nie bang sal wees nie, maar dat ek die boodskap sal bring soos ek dit moet doen. Tigikus is my liewe vriend en hy werk hard vir die Here. Hy sal ook vir julle alles van my vertel sodat julle kan weet hoe dit met my gaan. Ek stuur hom na julle toe sodat hy vir julle kan vertel hoe dit met my gaan en sodat hy vir julle kan help om nie moedeloos te word nie. God die Vader en die Here Jesus Christus sal vir julle almal vrede gee. Hulle sal vir julle help om lief te wees vir mekaar en om te glo. Ek bid dat God genadig sal wees vir almal wat altyd baie lief is vir ons Here Jesus Christus en wat nooit ophou om lief te wees vir Hom nie.
EFESIËRS 6:18-24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges en vir my, sodat 'n woord my gegee mag word as ek my mond oopmaak om met vrymoedigheid die verborgenheid van die evangelie bekend te maak, waarvoor ek 'n gesant is in kettings, sodat ek daarin vrymoediglik mag spreek soos ek moet spreek. EN dat julle ook my omstandighede kan ken, hoe dit met my gaan, alles sal Tíchikus, die geliefde broeder en getroue dienaar in die Here, julle bekend maak. Ek het hom juis daarvoor na julle gestuur, dat julle ons omstandighede kan ken en hy julle harte kan troos. Vrede vir die broeders en liefde, met geloof, van God die Vader en die Here Jesus Christus! Die genade sy met almal wat onse Here Jesus Christus in onverganklikheid liefhet! Amen.
EFESIËRS 6:18-24 Afrikaans 1983 (AFR83)
Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges. Bid ook vir my dat wanneer ek preek, God my die woorde gee dat ek die geheimenis van die evangelie met vrymoedigheid kan bekend maak. Ter wille van hierdie evangelie is ek 'n gesant in boeie. Bid dat ek dit met vrymoedigheid kan verkondig soos dit my opgelê is. Tigikus, die medegelowige wat ek baie liefhet, die getroue dienaar in diens van die Here, sal julle alles vertel, sodat julle ook kan weet hoe dit met my gaan en wat ek doen. Ek stuur hom juis hiervoor na julle toe, sodat julle kan hoor hoe dit hier by ons gaan en, sodat hy die kommer in julle gemoed kan wegneem. Vrede vir die broers, en liefde en geloof, van God die Vader en die Here Jesus Christus! Die genade sal by almal wees wat vir ons Here Jesus Christus met onverganklike liefde liefhet.
EFESIËRS 6:18-24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
By elke geleentheid wanneer julle bid en smeek, moet julle telkens deur die Gees bid. Daarom moet julle waaksaam wees, deur volhardend te pleit vir al die •heiliges. Bid ook vir my sodat, wanneer ek my mond oopmaak, die gepaste woord vir my gegee mag word, om met vrymoedigheid die geheimenis van die evangelie bekend te maak – hiervoor is ek 'n gesant in kettings – sodat ek vrymoedig daaroor kan praat soos ek moet. Sodat julle kan weet wat my omstandighede is, en wat ek doen – alles sal Tigikus, die geliefde broer en getroue dienskneg van die Here, julle vertel. Juis hiervoor stuur ek hom na julle, sodat julle van ons omstandighede kan weet, en sodat hy julle harte kan bemoedig. Vrede vir die broers, en liefde en geloof van God die Vader, en van die Here, Jesus •Christus. Sy genade bly met almal wat vir ons Here Jesus Christus onverganklik liefhet.
EFESIËRS 6:18-24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Bid altyd met alle gebed en smeking in die Gees, en waak daartoe met alle volharding en smeking vir al die heiliges; En vir my, sodat uitspraak aan my gegee kan word, dat ek my mond met vrymoedigheid kan oopmaak, om die verborgenheid van die evangelie bekend te maak, Waarvoor ek 'n gesant is in boeie, sodat ek daarin met vrymoedigheid kan spreek soos ek behoort te spreek. Maar sodat julle ook my sake kan weet en hoe ek dit doen, sal Tigikus, 'n geliefde broer en getroue dienaar in die Here, alles aan julle bekend maak. Wat ek met dieselfde doel na julle gestuur het, sodat julle ons sake kan weet en dat Hy julle harte kan troos. Vrede vir die broeders en liefde met geloof van God die Vader en die Here Jesus Christus. Genade sy met almal wat ons Here Jesus Christus in opregtheid liefhet. Amen. (Aan die Efesiërs geskryf uit Rome, deur Tigikus.)
EFESIËRS 6:18-24 Die Boodskap (DB)
Dit maak nie saak wat gebeur nie, julle moet altyd bid. Praat met God en vra Hom wat julle wil weet. Die Heilige Gees sal julle daarmee help. Onthou dit en moenie julle onkant laat vang nie. Moet ook nie vergeet om gedurig vir julle mede-Christene te bid nie. En moenie van my vergeet nie. Bid asseblief vir my dat die Here vir my die regte woorde sal gee wanneer ek met mense oor Hom praat, sodat ek nie bang sal wees om vir mense van Jesus te vertel nie, al verstaan hulle nie altyd alles mooi nie. Al sit ek nou hier in die tronk, het God my aangestel om die goeie nuus aan almal te vertel. Bid tog asseblief dat ek nie bang sal wees om die boodskap so reguit en duidelik te verkondig soos ek moet nie. Ek wil graag hê dat julle moet weet wat hier aangaan en hoe dit met my gaan. Tigikus, my liewe broer en getroue werker vir die Here, sal julle alles vertel. Dit is juis waarom ek hom na julle toe stuur: hy moet vir julle vertel hoe dit met my gaan sodat julle nie meer so bekommerd hoef te wees nie. Mag God, die Vader, en die Here Jesus Christus vir julle die vrede gee wat net God kan gee. Mag die Vader en Jesus Christus vir julle die liefde en geloof gee wat julle nodig het. Mag God baie goed wees vir almal wat ons Here Jesus Christus vir ewig en altyd sal bly liefhê.
EFESIËRS 6:18-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Doen alles deur gebed en smeking. Laat die Gees julle elke keer in die gebed lei. Bly in alle omstandighede op julle hoede en bid vir almal wat aan God behoort. Bid ook vir my, dat wanneer ek moet praat, woorde aan my gegee sal word om met vrymoedigheid die geheime plan van die Goeie Nuus bekend te maak. As ambassadeur van hierdie Goeie Nuus is ek in boeie. Bid dat ek, soos dit hoort, die Goeie Nuus met vrymoedigheid sal verkondig. Tigikus, die geliefde broer, wat die Here getrou dien, sal julle alles vertel sodat julle kan weet hoe dit met my gaan en wat ek doen. Ek stuur hom juis hiervoor na julle toe, dat julle kan weet hoe dit met ons gaan en gerusgestel kan word. Mag God die Vader en die Here Jesus Christus vrede, liefde en geloof vir ons broers en susters gee. Mag God se genade met almal wees wat ons Here Jesus Christus met ’n blywende liefde liefhet.