EKSODUS 10:1-2
EKSODUS 10:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
VERDER het die HERE vir Moses gesê: Gaan na Farao toe, want Ék het sy hart verhard, ook die hart van sy dienaars, sodat Ek hierdie tekens van My onder hulle kan verrig, en dat jy voor die ore van jou kind en jou kindskind kan vertel wat Ek Egipte aangedoen het, en my tekens wat Ek onder hulle gedoen het, dat julle kan weet dat Ek die HERE is.
EKSODUS 10:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê die HERE vir Moses: Gaan in na Farao, want Ek het sy hart en die hart van sy dienaars verhard om hierdie my tekens voor hom te verkondig. En dat jy voor die ore van jou seun en van jou seun se seun kan vertel wat Ek in Egipte gedoen het, en my tekens wat Ek onder hulle gedoen het; sodat julle kan weet dat Ek die HERE is.
EKSODUS 10:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het vir Moses gesê: “Gaan na die farao toe, want Ek het hom en sy amptenare hardkoppig gemaak sodat Ek hierdie tekens vir hulle kan wys. Dan kan julle vir julle kinders en julle kleinkinders vertel hoe Ek die Egiptenaars gestraf het en wat Ek aan hulle gedoen het. Julle sal weet Ek is die Here.”
EKSODUS 10:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarna het die Here vir Moses gesê: “Gaan na die farao toe, want Ek het hom en sy amptenare onversetlik gemaak sodat Ek hierdie wonders van My onder hulle kan doen. Dan kan jy aan jou kinders en kleinkinders vertel wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het en watter wonders Ek onder hulle verrig het om julle te laat besef dat Ek die Here is.”
EKSODUS 10:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE het vir Moses gesê: “Gaan na die farao, want dit is Ek wat sy hart en die harte van sy amptenare verhard het, sodat Ek hierdie tekens van My in hulle midde kon laat gebeur, en sodat jy ten aanhore van jou kinders en kleinkinders kan vertel hoe Ek die Egiptenare vir die gek gehou het, en van my tekens wat Ek onder hulle gedoen het, en sodat julle kan weet dat Ek die HERE is.”
EKSODUS 10:1-2 Die Boodskap (DB)
Die Here het vir Moses gesê: “Gaan stel weer jou eis vir die farao. Ek het hom en sy leiers hardkoppig gemaak sodat Ek rede kan hê om al hierdie dinge met hulle te laat gebeur. Julle kan aan julle nageslag gaan vertel hoe Ek met al hierdie dinge wat Ek gedoen het, die Egiptenaars belaglik gemaak het. Ek het dit gedoen om vir julle te wys hoe sterk Ek is en om julle almal te oortuig dat Ek werklik die Here is.”
EKSODUS 10:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE sê toe vir Moses: “Gaan weer terug na die farao toe. Ek het hom en sy amptenare onwillig gemaak sodat Ek hierdie rampe oor hulle kan laat kom. Jy sal vir jou nageslag kan vertel wat Ek alles met die Egiptenaars gedoen het en wat Ek alles tussen hulle laat gebeur het. Ek doen dit sodat julle kan weet dat Ek die HERE is.”