Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

EKSODUS 12:31-32 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

EKSODUS 12:31-32 AFR83 (Afrikaans 1983)

Dieselfde nag nog het die farao vir Moses en Aäron laat roep en gesê: “Gee pad onder my mense uit, julle twee en al die ander Israeliete! Gaan dien die Here soos julle gevra het! Vat julle kleinvee en julle grootvee soos julle gevra het, en trek! En bid dan dat dit met my ook goed mag gaan.”

EKSODUS 12:31-32 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Daarop het hy Moses en Aäron in die nag laat roep en gesê: Maak julle klaar, trek weg onder my volk uit, julle sowel as die kinders van Israel, en gaan dien die HERE soos julle gespreek het. Neem ook julle kleinvee en julle beeste saam soos julle gespreek het, en gaan weg en seën my ook.

EKSODUS 12:31-32 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Gedurende dieselfde nag nog het die farao Moses en Aäron laat roep. “Maak dat julle wegkom!” het hy geskreeu. “Julle en al die Israeliete moet padgee van my volk af. Gaan en dien die HERE soos julle gevra het. Vat julle skape en beeste saam met julle soos julle gevra het en maak dat julle wegkom! Onthou net om my te seën wanneer julle gaan!”

EKSODUS 12:31-32 DB (Die Boodskap)

Terwyl dit nog nag was, het die farao Moses en Aäron laat kom. Hy het by hulle gepleit: “Loop asseblief weg uit my land uit! Gee tog pad van my volk af, julle en al wat ’n Israeliet is! Loop aanbid die Here soos julle aangehou het om te vra. Vat al julle kleinvee en al julle beeste saam waarop julle so aangedring het om saam met julle te vat. Gaan tog net weg. Moenie my verder iets toewens wat sleg is nie.”

EKSODUS 12:31-32 ABA (Bybel vir almal)

Die farao het daardie nag vir Moses en Aäron geroep en vir hulle gesê: “Julle moet van my mense weggaan, julle en die ander Israeliete. Gaan dien die Here, soos julle gevra het. Neem ook julle skape en bokke en julle beeste, soos julle gevra het. Gaan weg. Dan sal dit met my ook goed gaan.”

EKSODUS 12:31-32 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Hy het Moses en Aäron in die nag ontbied en gesê: “Maak gereed, trek weg onder my volk uit, julle en ook die Israeliete. Gaan dien die HERE soos julle gesê het. Neem julle kleinvee en ook julle grootvee, soos julle gesê het, en gaan! Maar seën my ook!”

EKSODUS 12:31-32 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En hy het Moses en Aäron in die nag geroep en gesê: Staan op en trek uit onder my volk uit, julle sowel as die kinders van Israel; en gaan dien die HERE soos julle gesê het. Neem ook julle kleinvee en julle beeste, soos julle gesê het, en gaan weg; en seën my ook.