EKSODUS 12:4
EKSODUS 12:4 Bybel vir almal (ABA)
As die huisgesin klein is en hulle kan nie 'n hele skaap of bok op-eet nie, dan moet die man en sy naaste buurman saam 'n skaap of 'n bok neem. Julle moet tel hoeveel mense in die huisgesin is, en daar moet genoeg vleis wees sodat almal kan eet.
EKSODUS 12:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar as 'n huisgesin te klein is vir 'n lam, dan moet hy en sy buurman wat die naaste aan sy huis is, dit neem volgens die sieletal; na wat elkeen gewoond is om te eet, moet julle die getal op die lam bereken.
EKSODUS 12:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
As 'n huisgesin te klein is vir 'n lam, kan 'n man en sy naaste buurman dit onder mekaar verdeel volgens die getal persone. Julle moet die lam deel volgens elkeen se behoefte.
EKSODUS 12:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As 'n huisgesin te klein is vir 'n lam, moet hy en sy buurman wat die naaste aan sy huis is, dit deel in verhouding tot die getal persone. Julle moet die lam in porsies verdeel in ooreenstemming met wat elke huisgesin gaan eet.
EKSODUS 12:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En as die huisgesin te min is vir die lam, laat hom en sy buurman langs sy huis dit neem volgens die getal van die siele; elkeen volgens sy ete moet jou tel vir die lam.