EKSODUS 16:3-4
EKSODUS 16:3-4 Bybel vir almal (ABA)
Die Israeliete het vir hulle gesê: “Ons wens die Here het ons in Egipte laat sterf. Daar het ons baie vleis en genoeg kos gehad om te eet. Nou het julle ons na hierdie woestyn gebring, en ons sal almal hier van honger sterf.” Die Here het vir Moses gesê: “Ek sal nou vir julle brood uit die hemel laat reën. Die mense moet gaan en hulle moet genoeg optel vir elke dag. So sal Ek kan sien of hulle wil doen wat Ek sê.
EKSODUS 16:3-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die kinders van Israel het aan hulle gesê: Het ons maar in Egipteland deur die hand van die HERE gesterwe toe ons by die vleispotte gesit en volop brood geëet het! Want julle het ons in hierdie woestyn uitgelei om hierdie hele vergadering van honger te laat sterwe. Toe sê die HERE vir Moses: Kyk, Ek sal vir julle brood uit die hemel laat reën; dan kan die volk uitgaan en die dagmaat van elke dag insamel, sodat Ek hulle kan beproef, of hulle in my wet sal wandel of nie.
EKSODUS 16:3-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
en gesê: “As ons maar liewer in Egipte omgekom het deur die hand van die Here terwyl ons by die vleispotte kon sit en oorgenoeg kos kon hê om te eet! Nou het julle ons laat wegtrek tot in hierdie woestyn om die hele volk van honger te laat omkom.” Toe het die Here vir Moses gesê: “Let nou mooi op. Ek sal elke keer vir julle kos uit die hemel laat reën. Dan moet die volk elke dag gaan en dié dag se voorraad optel. So sal Ek toets of hulle my opdrag wil nakom of nie.
EKSODUS 16:3-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die Israeliete het vir hulle gesê: “As ons maar deur die hand van die HERE in Egipteland gesterf het toe ons by die vleispotte gesit en ons versadig geëet het aan brood! Maar julle het ons na hierdie woestyn uitgelei om hierdie hele gemeenskap van honger te laat sterf.” Die HERE het vir Moses gesê: “Kyk, Ek gaan vir julle brood uit die hemel laat reën; dan moet die volk uitgaan en genoeg vir elke dag bymekaarmaak, sodat Ek hulle kan toets of hulle my wet sal volg of nie.
EKSODUS 16:3-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê die kinders van Israel vir hulle: As ons tog maar deur die hand van die HERE gesterwe het in Egipteland, toe ons by die vleispotte gesit en volop brood geëet het; want julle het ons in hierdie woestyn uitgelei om hierdie hele vergadering van honger dood te maak. Toe sê die HERE vir Moses: Kyk, Ek sal vir julle brood uit die hemel laat reën; en die volk moet uitgaan en elke dag 'n sekere bedrag insamel, dat Ek hulle kan toets of hulle in my wet sal wandel of nie.
EKSODUS 16:3-4 Die Boodskap (DB)
“Die Here kon ons maar liewer in Egipte laat doodgaan het. Toe ons daar gebly het, was daar ten minste oorgenoeg kos om te eet. Julle het ons hiernatoe gebring om van die honger dood te gaan.” Die Here sê toe vir Moses: “Ek gaan vir julle kos van bo af gee. Die volk moet dit elke dag bymekaarmaak. Dit sal vir My wys of hulle bereid is om te leef soos Ek wil hê.
EKSODUS 16:3-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Die HERE kon ons eerder in Egipte laat doodgaan het. Daar was ten minste genoeg om te eet. Nou het julle ons hier na die woestyn toe gebring sodat almal hier van honger kan doodgaan.” Die HERE het toe vir Moses gesê: “Ek gaan vir julle kos uit die hemel laat reën. Die volk kan elke dag uitgaan en genoeg kos vir die dag bymekaarmaak. Ek gaan hulle toets om te kyk of hulle na My wil luister of nie.