EKSODUS 18:20-21
EKSODUS 18:20-21 Bybel vir almal (ABA)
Jy moet vir hulle leer wat God wil hê hulle moet doen. Jy moet vir hulle wys hoe om reg te lewe en wat hulle moet doen. Jy moet uit die hele volk manne kies wat weet wat om te doen en wat vir God eer. Hulle moet eerlik wees en nie net vir hulleself sorg nie. Hulle moet dan die leiers wees, leiers van 1 000 mense, of van 100 mense of 50 mense of tien mense.
EKSODUS 18:20-21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en onderrig hulle in die insettinge en die wette, en maak hulle die weg bekend waarop hulle moet gaan, en die werk wat hulle moet doen. Maar kies jy uit die hele volk bekwame manne wat God vrees, betroubare manne wat onregverdige wins haat. En stel dié aan oor hulle: owerstes oor duisend, owerstes oor honderd, owerstes oor vyftig en owerstes oor tien
EKSODUS 18:20-21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Druk die volk die voorskrifte en wette op die hart, leer hulle die pad wat hulle moet loop en wat hulle moet doen. Verder moet jy onder die volk bekwame manne uitsoek, dienaars van die Here, mense wat die waarheid liefhet en nie hulle eie voordeel soek nie. Dan moet jy hulle oor die volk aanstel as leiers oor duisend, oor honderd, oor vyftig en oor tien.
EKSODUS 18:20-21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Waarsku hulle oor die vaste voorskrifte en wette, en lig hulle in oor die pad wat hulle moet volg en die werk wat hulle moet doen. Maar wees jy op die uitkyk na bekwame manne onder die hele volk, betroubare manne wat ontsag het vir God, wat 'n weersin het in oneerlike wins. Stel hulle oor die volk aan as •aanvoerders oor duisend, oor honderd, oor vyftig en oor tien.
EKSODUS 18:20-21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En jy moet hulle insettinge en wette leer en hulle die weg wys waarop hulle moet loop, en die werk wat hulle moet doen. Verder moet jy uit die hele volk bekwame manne voorsien wat God vrees, manne van waarheid, wat hebsug haat; en stel sulkes oor hulle, as owerstes oor duisend en owerstes oor honderd, owerstes oor vyftig en owerstes oor tien.
EKSODUS 18:20-21 Die Boodskap (DB)
Wys die volk op die wette en die voorskrifte. Gaan aan om vir hulle te wys hoe hulle moet lewe en wat hulle moet doen. “Vir die beslissing oor hulle verskille moet jy mans uit die volk aanstel wat as regters kan optree. Stel een man aan vir elke 1 000 mense of selfs vir elke 100 of 50 of tien mense. Hulle moet goed genoeg wees om die werk te kan doen. Hulle moet respek hê vir God en vir die waarheid. Iemand moet hulle nie met geld kan omkoop nie.
EKSODUS 18:20-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jy moet voortgaan om hulle in te lig oor God se wette en sy voorskrifte. Leer hulle hoe hulle moet lewe en wat hulle moet doen. Maar jy moet ook uit die volk bekwame en eerlike manne kry wat vir die HERE wil werk en nie omkoopgeld sal aanvaar nie. Jy moet hulle aanstel om regters te wees oor groepe van onderskeidelik 1 000, 100, 50 en tien mense.