EKSODUS 19:5-6
EKSODUS 19:5-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne. En júlle sal vir My 'n koninkryk van priesters en 'n heilige nasie wees. Dit is die woorde wat jy aan die kinders van Israel moet meedeel.
EKSODUS 19:5-6 Bybel vir almal (ABA)
As julle nou gehoorsaam is en doen wat Ek sê, en as julle my verbond hou, dan sal julle my eie volk wees, want die hele aarde is Myne. Julle sal die priesters wees oor wie Ek regeer, 'n gewyde volk. Dit is wat jy vir die Israeliete moet sê.”
EKSODUS 19:5-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
As julle My gehoorsaam en julle aan my verbond hou, sal julle uit al die volke my eiendom wees, 'n koninkryk wat My as priesters dien, en 'n gewyde nasie. Die hele aarde behoort immers aan My.’ Dit is wat jy aan die Israeliete moet vertel.”
EKSODUS 19:5-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As julle dan nou getrou luister na my stem en my verbond nakom, dan sal julle onder al die volke my persoonlike eiendom wees, al behoort die hele aarde aan My. Vir My sal julle 'n koninkryk van priesters en 'n heilige nasie wees.’ Dit is die woorde wat jy aan die Israeliete moet oordra.”
EKSODUS 19:5-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
As julle dan nou werklik na my stem luister en my verbond nakom, sal julle vir My 'n eiendomsskat wees bo al die mense, want die hele aarde is myne. En julle sal vir My 'n koninkryk van priesters en 'n heilige nasie wees. Dit is die woorde wat jy tot die kinders van Israel moet spreek.
EKSODUS 19:5-6 Die Boodskap (DB)
As julle regtig aan My gehoorsaam is en by my ooreenkoms met julle bly, sal julle uit al die volke van die hele aarde my eie persoonlike volk wees. Julle sal ’n volk wees van mense wat vir My offers bring en My dien. Julle sal ’n volk wees wat alles vir My doen.’ Dit is my boodskap wat jy vir die Israeliete moet gaan gee.”
EKSODUS 19:5-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
As julle regtig gehoorsaam is aan My en vashou aan my verbond met julle, sal julle my persoonlike volk wees tussen al die nasies van die wêreld. Die hele wêreld behoort aan My, maar julle sal in besonder die nasie wees wat aan My toegewy is. Julle sal my koninkryk van priesters wees, ’n nasie wat die HERE dien.’ Dit is wat jy vir die Israeliete moet sê.”