EKSODUS 32:1
EKSODUS 32:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
TOE die volk sien dat Moses vertoef om van die berg af te kom, het die volk rondom Aäron versamel en vir hom gesê: Kom, maak vir ons gode wat voor ons uit trek; want hierdie Moses, die man wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons weet nie wat van hom geword het nie.
EKSODUS 32:1 Bybel vir almal (ABA)
Die Israeliete het gesien Moses bly baie lank op die berg. Hulle het by Aäron bymekaargekom en vir hom gesê: “Kom, maak vir ons 'n god wat vir ons kan wys waarnatoe ons moet gaan. Hierdie man Moses het ons uit Egipte gebring, maar ons weet nie waar hy nou is nie.”
EKSODUS 32:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe die volk sien dat Moses talm en nie van die berg af kom nie, het hulle om Aäron saamgedrom en vir hom gesê: “Kom maak vir ons 'n god dat hy ons kan lei. Hierdie man Moses het nou wel vir ons uit Egipte laat wegtrek, maar ons weet nie wat van hom geword het nie.”
EKSODUS 32:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe die volk merk dat Moses lank neem om van die berg af te kom, het die volk by Aäron byeengekom en vir hom gesê: “Komaan, maak vir ons gode wat voor ons uit kan gaan; want hierdie Moses, die man wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons weet nie wat met hom gebeur het nie.”
EKSODUS 32:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe die volk sien dat Moses versuim het om van die berg af te kom, het die volk by Aäron bymekaargekom en vir hom gesê: Staan op, maak vir ons gode wat voor ons uit sal trek; want hierdie Moses, die man wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons weet nie wat van hom geword het nie.
EKSODUS 32:1 Die Boodskap (DB)
Toe Moses so lank wegbly en nie dadelik weer van die berg af terugkom nie, het die volk by Aäron bymekaargekom. Hulle sê toe vir hom: “Ons weet nie wat van hierdie man Moses geword het nie. Hy het ons uit Egipte gelei, maar nou is hy skoonveld. Jy moet vir ons ’n ander god kry wat ons verder kan lei.”
EKSODUS 32:1 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe die volk sien dat Moses lank wegbly en nie van die berg af kom nie, het hulle na Aäron toe gegaan. Hulle het vir hom gesê: “Maak vir ons ’n god wat ons kan lei. Ons weet nie wat van hierdie man Moses geword het wat ons uit Egipte weggelei het nie.”