EKSODUS 34:28
EKSODUS 34:28 Bybel vir almal (ABA)
Moses was 40 dae en 40 nagte by die Here op die berg. Hy het nie geëet of gedrink nie. Die Here het op die plat klippe die woorde van die verbond geskryf. Dit was die tien gebooie.
EKSODUS 34:28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hy was daar by die HERE veertig dae en veertig nagte; hy het geen brood geëet en geen water gedrink nie. En Hy het op die tafels die woorde van die verbond, die tien woorde, geskrywe.
EKSODUS 34:28 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moses was veertig dae en nagte by die Here. In dié tyd het Moses geen kos geëet of water gedrink nie. Hy het die verbondsbepalings, die tien gebooie, op die plat klippe geskryf.
EKSODUS 34:28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy was daar by die HERE veertig dae en veertig nagte lank. Brood het hy nie geëet nie en water het hy nie gedrink nie. Hy het op die kliptafels die woorde van die verbond, die Tien Gebooie, geskryf.
EKSODUS 34:28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy was daar by die HERE veertig dae en veertig nagte; hy het nie brood geëet en geen water gedrink nie. En hy het op die tafels die woorde van die verbond geskrywe, die tien gebooie.