EKSODUS 38:27
EKSODUS 38:27 Bybel vir almal (ABA)
Die ambagsmanne het 100 talente silwer gebruik om die tempel-tent se voetstukke en die gordyn se voetstukke te maak. Hulle het 100 voetstukke gemaak. Hulle het een talent silwer vir elke voetstuk gebruik.
EKSODUS 38:27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die honderd talente silwer het gedien om die voetstukke van die heiligdom en die voetstukke van die voorhangsel te giet; honderd voetstukke vir honderd talente, 'n talent vir 'n voetstuk.
EKSODUS 38:27 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar is drie duisend vier honderd sewe en twintig kilogram silwer gebruik vir die giet van die voetstukke vir die style van die heiligdom en sy afskortings. Uit die drie duisend vier honderd sewe en twintig kilogram is honderd voetstukke gegiet, vier en dertig en 'n kwart kilogram per voetstuk.
EKSODUS 38:27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die 100 kikkar silwer was vir die giet van die voetstukke van die heiligdom en die voetstukke van die voorhangsel – 100 voetstukke van die 100 kikkar, 'n kikkar per voetstuk.
EKSODUS 38:27 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En van die honderd talente silwer is die voetstukke van die heiligdom en die voetstukke van die voorhangsel gegiet; honderd voetstukke van die honderd talente, 'n talent vir 'n voetstuk.