EKSODUS 4:22-23
EKSODUS 4:22-23 Bybel vir almal (ABA)
Dan moet jy vir die farao sê: ‘Die Here sê: Israel is vir My soos 'n oudste seun, en Ek sê vir jou jy moet my seun laat gaan sodat hy My kan dien. As jy hom nie laat gaan nie, dan sal Ek jou oudste seun doodmaak.’ ”
EKSODUS 4:22-23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dan moet jy vir Farao sê: So spreek die HERE: My eersgebore seun is Israel. Daarom beveel Ek jou: Laat my seun trek, dat hy My kan dien. Maar jy het geweier om hom te laat trek. Kyk, Ek sal jou eersgebore seun laat sterwe.
EKSODUS 4:22-23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dan moet jy vir die farao sê: So sê die Here: Israel is my oudste seun. Ek het vir jou gesê: Laat my seun gaan sodat hy My kan aanbid. Maar jy het geweier om hom te laat gaan, en nou gaan Ek jou oudste seun doodmaak.”
EKSODUS 4:22-23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dan moet jy vir die farao sê, ‘So sê die HERE: “My eersgebore seun is Israel. Ek het vir jou gesê, ‘Laat my seun gaan, sodat hy My kan dien.’ Maar jy het geweier om hom te laat gaan. Kyk, Ek gaan jou eersgebore seun om die lewe bring. ” ’ ”
EKSODUS 4:22-23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En jy moet vir Farao sê: So spreek die HERE: Israel is my seun, my eersgeborene. En Ek sê vir jou: Laat my seun gaan, dat hy My kan dien; en as jy weier om hom te laat gaan, kyk, Ek sal jou seun, jou eersgeborene, doodmaak.
EKSODUS 4:22-23 Die Boodskap (DB)
Jy moet dan vir hom sê: ‘Die Here sê: Israel is my oudste seun, my seun wat eerste gebore is. Ek het jou laat weet dat jy my seun moet toelaat om te gaan om My in die woestyn te aanbid. Jy het geweier om hom te laat gaan. Ek gaan daarom nou jóú oudste en eerste seun laat doodgaan.’”