EKSODUS 8:18-19
EKSODUS 8:18-19 Bybel vir almal (ABA)
Die towenaars het probeer om dieselfde te doen. Hulle wou ook die stof in muggies verander, maar hulle kon nie. Die muggies was op al die mense en al die diere. Die towenaars sê toe vir die farao: “Dit is God wat die muggies gestuur het!” Maar die farao was hardkoppig, hy het nie na hulle geluister nie. Dit het gebeur soos die Here gesê het.
EKSODUS 8:18-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die farao se towenaars het dieselfde met hulle kunsies probeer regkry. Hierdie keer was hulle nie suksesvol nie. Die muggies het al wat mens en dier is, toegetakel. “Hierdie is ’n vingerwysing van God,” het die towenaars vir die farao gesê. Maar die farao het onversetlik gebly. Net soos die HERE gesê het, het hy bly weier om te luister.
EKSODUS 8:18-19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die towenaars het dieselfde gedoen met hulle towerkunste om die muskiete voort te bring, maar hulle kon nie. So was die muskiete dan op die mense en op die vee. Toe sê die towenaars vir Farao: Dit is die vinger van God! Maar Farao se hart was verhard, sodat hy na hulle nie geluister het nie, soos die HERE gespreek het.
EKSODUS 8:18-19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die towenaars het dieselfde probeer doen met hulle towerkunste, dié keer om muggies voort te bring, maar hulle kon nie. Mens en dier was oortrek van die muggies. Toe sê die towenaars vir die farao: “Dit is die vinger van God!” Maar die farao het koppig gebly. Hy het nie aan Moses-hulle se versoek gehoor gegee nie, net soos die Here vooraf gesê het.
EKSODUS 8:18-19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die waarsêerpriesters het dit ook probeer doen – met hulle towerkuns muggies probeer voortbring – maar hulle kon nie. Daar was muggies op mens en dier. Toe sê die waarsêerpriesters vir die farao: “Dit is die vinger van God! ” Maar die farao se hart was verhard en hy wou nie na hulle luister nie, soos die HERE gesê het.
EKSODUS 8:18-19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die towenaars het so gedoen met hulle towerye om luise voort te bring, maar hulle kon nie, en daar was luise op mense en op diere. Toe sê die towenaars vir Farao: Dit is die vinger van God; soos die HERE gesê het.
EKSODUS 8:18-19 Die Boodskap (DB)
Die towenaars het ook probeer om met hulle kunsies muggies uit die grond te laat kom. Hulle kon dit egter nie regkry nie. Die muggies was vir mens en dier ’n verpesting. “Hierdie is ’n vingerwysing van God,” het die towenaars vir die farao gesê. Maar die farao se kop het net al harder geword en hy het bly weier om na Moses-hulle te luister. Hy het presies opgetree soos God gesê het dit sou gebeur.