ESEGIËL 38:23
ESEGIËL 38:23 Bybel vir almal (ABA)
Ek sal vir al die volke wys dat Ek 'n groot en 'n heilige God is. Hulle sal weet dat Ek die Here is.”
Deel
Lees ESEGIËL 38ESEGIËL 38:23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek sal Myself groot en heilig betoon en Myself bekend maak voor die oë van baie nasies. Hulle sal besef dat Ek die HERE is.” ’
Deel
Lees ESEGIËL 38ESEGIËL 38:23 Die Boodskap (DB)
Só sal Ek Myself aan die nasies bewys as die sterke God. Al die nasies sal My dan raaksien. Hulle sal weet dat Ek die Here is.”
Deel
Lees ESEGIËL 38ESEGIËL 38:23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
So wys Ek hoe groot en heilig Ek is. Baie nasies sal My leer ken. Dan sal hulle besef dat Ek die HERE is.”
Deel
Lees ESEGIËL 38ESEGIËL 38:23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
So sal Ek My dan as groot en as heilig laat ken en Myself bekend maak voor die oë van baie nasies; en hulle sal weet dat Ek die HERE is.
Deel
Lees ESEGIËL 38