ESEGIËL 7:4
ESEGIËL 7:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En my oog sal jou nie spaar nie, en Ek sal my nie ontferm nie; maar Ek sal jou weë op jou vergelde, en jou gruwels sal in jou midde wees; en julle sal weet dat Ek die HERE is.
ESEGIËL 7:4 Bybel vir almal (ABA)
Ek sal julle nie vergewe nie en Ek sal nie jammer wees vir julle nie. Ja, Ek sal julle straf oor wat julle gedoen het, oor die dinge wat Ek haat, en julle sal weet dat Ek die Here is.”
ESEGIËL 7:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en my oog sal jou nie verskoon nie, en Ek sal nie spaar nie, maar Ek sal jou wandel op jou laat neerkom, en jou gruwels sal in jou midde wees; en julle sal weet dat Ek die HERE is.
ESEGIËL 7:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek sal jou nie verskoon nie, jou nie jammer kry nie. Ek gaan die straf vir wat jy gedoen het, oor jou laat kom; jou afskuwelike dade sal jou tref. Dan sal jy besef dat Ek die Here is.”
ESEGIËL 7:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek sal nie 'n traan stort oor jou nie. Ek sal nie deernis hê nie, maar jou vir jou optrede vergeld. Jou afstootlike dade sal hulle in jou midde laat geld. Julle sal besef dat Ek die HERE is.
ESEGIËL 7:4 Die Boodskap (DB)
Ek sal jou glad nie jammer kry nie. Nie een van jou verskonings sal My laat afsien van my planne nie. Ek gaan jou straf oor al die slegte dade wat jy gedoen het. Al die slegte dinge wat jy gedoen het, sal nou met jou gebeur. Dan sal jy besef dat Ek regtig jou God is.”