GALASIËRS 3:14
GALASIËRS 3:14 Bybel vir almal (ABA)
Daarom kon die heidene God se seën kry, die seën wat Hy vir Abraham belowe het en wat Hy nou vir hulle gee omdat hulle aan Christus Jesus behoort. Daarom kon ons wat glo, die Heilige Gees kry, die Gees wat God vir ons belowe het.
GALASIËRS 3:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang.
GALASIËRS 3:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daardeur kan ook hulle wat nie Jode is nie, deur Christus Jesus deel kry aan die seën wat God aan Abraham toegesê het. So het ons dan deur die geloof die Gees ontvang wat God beloof het.
GALASIËRS 3:14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Sodat die seën van Abraham oor die heidene kan kom deur Jesus Christus; sodat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang.
GALASIËRS 3:14 Die Boodskap (DB)
Maar die goeie nuus is dat Christus Jesus se dood vir mense uit ander volke die kans bied om nou ook deel te hê aan die seëninge wat God vroeër oor Abraham uitgestort het. Maar dis nie al nie. Ons wat in Christus glo, het ook die Heilige Gees ontvang, presies net soos God ons belowe het.