GALASIËRS 6:7-8
GALASIËRS 6:7-8 Bybel vir almal (ABA)
Julle moenie 'n fout maak en dink God is nie belangrik nie. Julle moet dit weet: Die dinge wat julle saai, dit sal julle terugkry. As die dinge wat julle saai, die verkeerde dinge is wat mense graag doen, dan sal julle ook die verkeerde dinge terugkry, julle sal sterf. Maar as die dinge wat julle saai, die dinge is wat die Gees wil hê, dan sal julle die ewige lewe kry wat die Gees vir julle gee.
GALASIËRS 6:7-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai. Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai.
GALASIËRS 6:7-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moenie julleself mislei nie: God laat nie met Hom spot nie. Wat 'n mens saai, dit sal hy ook oes. Wie op die akker van sy sondige natuur saai, sal van die sondige natuur dood en verderf oes. Maar wie op die akker van die Gees saai, sal van die Gees die ewige lewe oes.
GALASIËRS 6:7-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Moet julle nie laat mislei nie – God laat Hom nie bespot nie! Wat die mens ook al saai, sal hy maai. Hy wat in die vlees saai, sal uit die vlees vernietiging oes, maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe oes.
GALASIËRS 6:7-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Moenie dwaal nie; God word nie bespot nie; want alles wat 'n mens saai, dit sal ulled maai. Want hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai.
GALASIËRS 6:7-8 Die Boodskap (DB)
Moenie julleself bedrieg nie. God laat nie toe dat iemand met Hom spot nie. Dit wat jy plant, sal jy ook oes. As jy jou lewe gaan inplant op die terrein van die sonde, sal jy die dood as oes ontvang. Aan die ander kant, as jy jou lewe inplant op die terrein van die Heilige Gees, sal jy die ewige lewe as oes van Hom ontvang.
GALASIËRS 6:7-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Moenie ’n fout maak nie. God laat nie met Hom spot nie: Wat mense saai, sal hulle ook maai! Hulle wat op die land van hulle sondige geaardheid saai, sal op grond daarvan die dood oes, terwyl hulle wat op die land van die Gees saai, op grond daarvan die ewige lewe sal oes.