GENESIS 1:10 - Compare All Versions

GENESIS 1:10 ABA (Bybel vir almal)

God het die grond “aarde” genoem en Hy het die water “see” genoem. God het gesien dit is goed.

GENESIS 1:10 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En God het die droë grond aarde genoem, en die versameling van die waters het Hy see genoem. Toe sien God dat dit goed was.

GENESIS 1:10 AFR83 (Afrikaans 1983)

God het die droë grond “aarde” genoem, en die waters wat bymekaargekom het, het Hy “see” genoem. En God het gesien dit is goed.

GENESIS 1:10 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

God het die droë grond ‘land’ genoem en die versamelplek van die water het Hy ‘see’ genoem. God het gesien dat dit goed is.

GENESIS 1:10 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

God het die droë grond Aarde genoem; en die versameling van die waters het Hy see genoem, en God het gesien dat dit goed was.

GENESIS 1:10 DB (Die Boodskap)

God het die droë land “aarde” genoem en die plek waar al die water bymekaargekom het, “see”. God het gesien dat dit wat Hy geskep het, goed was.

GENESIS 1:10 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

God noem toe die droë grond “land” en die versameling water noem Hy “see”. Ook dit was vir God goed.