GENESIS 13:15-16 - Compare All Versions

GENESIS 13:15-16 ABA (Bybel vir almal)

Die hele land wat jy sien, sal Ek vir jou en vir jou nageslag gee, vir altyd. Ek sal jou nageslag so baie maak soos die stof op die aarde. As iemand die stof op die aarde kan tel, dan sal hy jou nageslag ook kan tel.

GENESIS 13:15-16 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

want die hele land wat jy sien, sal Ek aan jou gee en aan jou nageslag tot in ewigheid. En Ek sal jou nageslag maak soos die stof van die aarde, sodat as iemand die stof van die aarde kan tel, jou nageslag ook getel kan word.

GENESIS 13:15-16 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die hele land wat jy sien, gee Ek vir altyd aan jou en jou nageslag. Ek sal jou nageslag so baie maak soos die stof van die aarde. As iemand die stof van die aarde kan tel, sal jou nageslag ook getel kan word.

GENESIS 13:15-16 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

want die hele land wat jy sien – aan jou gee Ek dit, en aan jou nageslag vir altyd. Ek sal jou nageslag maak soos die stof van die aarde, sodat, as iemand die stof van die aarde kan tel, ook jou nageslag getel sal kan word.

GENESIS 13:15-16 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Want die hele land wat jy sien, sal Ek aan jou gee en aan jou nageslag vir ewig. En Ek sal jou nageslag maak soos die stof van die aarde, sodat as iemand die stof van die aarde kan tel, jou nageslag ook getel sal word.

GENESIS 13:15-16 DB (Die Boodskap)

En wat jy ook al rondom jou sien, sal Ek eendag aan jou en jou nageslag gee. Ek maak jou nageslag so baie soos die stof van die aarde. As iemand die stof kan tel, sal hulle ook jou nageslag kan tel.

GENESIS 13:15-16 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Die hele land wat jy sien, gaan Ek vir jou en jou nageslag as permanente eiendom gee. Ek gaan vir jou soveel afstammelinge gee dat hulle, net soos die stof op die aarde, nie getel kan word nie.