GENESIS 15:18
GENESIS 15:18 Die Boodskap (DB)
Daardie dag het die Here ’n ooreenkoms met Abram gemaak. Hy het vir Abram gesê: “Onthou, aan jou kinders gee Ek hierdie land. Alles van die Nyl in Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraat, sal hulle s’n wees.
GENESIS 15:18 Bybel vir almal (ABA)
Daardie dag het die Here 'n verbond gemaak met Abram. Die Here het vir Abram belowe: “Ek gee vir jou nageslag hierdie land, van die Egipte-spruit tot by die groot Eufraat-rivier.
GENESIS 15:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Op dié dag het die HERE met Abram 'n verbond gesluit en gesê: Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier
GENESIS 15:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Op daardie dag het die Here 'n verbond gesluit met Abram en vir hom gesê: “Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van Egiptespruit af tot by die Eufraat, die groot rivier
GENESIS 15:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Op daardie dag het die HERE met Abram 'n verbond gesluit: “Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier