GENESIS 15:7-12
GENESIS 15:7-12 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het vir Abram gesê: “Ek is die Here wat jou laat wegtrek het uit Ur, die stad in die land van die Galdeërs. Ek het jou hiernatoe gebring, want Ek wil hierdie land vir jou gee. Hierdie land sal aan jou behoort.” Toe vra Abram: “Here, my Here, hoe kan ek seker wees dat hierdie land myne sal wees?” En die Here sê vir hom: “Bring vir My 'n vers-kalf en 'n bok en 'n skaap-ram, almal drie jaar oud. Bring ook 'n tortelduif en 'n ander duif.” Abram het dit alles vir die Here gebring. Hy het die diere middeldeur gesny, en hy het die een helfte van elke dier oorkant die ander helfte neergesit. Maar die voëls het hy nie middeldeur gesny nie. Die aasvoëls het gekom om die dooie diere te vreet, maar Abram het hulle weggejaag. Toe die son ondergaan, het dit baie donker geword, en Abram het bang geword. Maar daarna het hy baie vas geslaap.
GENESIS 15:7-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Verder het Hy vir hom gesê: Ek is die HERE wat jou uitgelei het uit Ur van die Chaldeërs om jou hierdie land in besit te gee. En hy sê: Here HERE, waaraan sal ek weet dat ek dit in besit sal neem? En Hy antwoord hom: Neem vir My 'n driejaaroud vers en 'n driejaaroud bokooi en 'n driejaaroud ram en 'n tortelduif en 'n jong duif. En hy het dit alles vir Hom gebring en dit middeldeur gedeel en die helftes teenoor mekaar gelê; maar die voëls het hy nie verdeel nie. Toe kom daar roofvoëls op die dooie diere af, maar Abram het hulle weggejaag. En toe die son wou ondergaan, val daar 'n diepe slaap op Abram, en kyk, skrik en groot duisternis het hom oorval.
GENESIS 15:7-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het vir Abram gesê: “Ek is die Here wat jou uit Ur van die Galdeërs laat wegtrek het om hierdie land aan jou te gee as jou besitting.” Maar Abram vra: “Hoe sal ek weet dat ek dit sal besit, Here my God?” Toe beveel die Here hom: “Bring vir My 'n vers, 'n bok en 'n skaapram, almal drie jaar oud, en 'n tortelduif en 'n jong duif.” Abram het dit alles vir die Here gebring en dit middeldeur gesny. Hy het elke helfte teenoor die ander helfte neergesit. Die voëls het hy nie verdeel nie. Die roofvoëls het op die karkasse begin toesak, maar Abram het hulle weggejaag. Teen sononder het 'n diep slaap Abram oorval; angs, 'n groot donkerte het hom oorweldig.
GENESIS 15:7-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE het vir hom gesê: “Ek is die HERE wat jou uit Ur van die Galdeërs uitgelei het om aan jou hierdie land te gee om dit in besit te neem.” Hy het gevra: “HERE, my Heer, waaraan sal ek weet dat ek dit in besit sal neem?” Toe sê die HERE vir hom: “Bring vir My 'n drie jaar oud verskalf, 'n drie jaar oud bok, 'n drie jaar oud skaapram, 'n tortelduif en 'n jong duif.” Abram het dit alles vir Hom gebring en middeldeur gesny. Toe plaas hy die dele teenoor mekaar. Die voëls het hy egter nie deurgesny nie. Roofvoëls het op die dooie diere toegesak, maar Abram het hulle verwilder. Toe die son besig is om onder te gaan, het 'n diep slaap Abram oorval. Meteens oorval skrik, 'n groot duisternis, hom.
GENESIS 15:7-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy sê vir hom: Ek is die HERE wat jou uit Ur van die Chaldeërs uitgelei het om aan jou hierdie land te gee om dit in besit te neem. En hy sê: HERE HERE, waaraan sal ek weet dat ek dit sal beërwe? Hy sê vir hom: Neem vir my 'n driejaaroud vers en 'n driejaaroud bokooi en 'n driejaaroud ram en 'n tortelduif en 'n jong duif. Hy het dit alles vir hom geneem en hulle in die middel verdeel en elke stuk teen mekaar gelê, maar die voëls het hy nie verdeel nie. En toe die voëls op die lyke afkom, het Abram hulle weggejaag. Toe die son ondergaan, het 'n diepe slaap op Abram geval; en kyk, 'n verskrikking van groot duisternis het op hom geval.
GENESIS 15:7-12 Die Boodskap (DB)
Verder het die Here gesê: “Abram, Ek is die Een wat jou familie destyds uit Ur van die Galdeërs laat wegtrek het. Ek het dit gedoen omdat Ek hierdie land vir jou wil gee.” Abram het vinnig gereageer: “Maar hoe weet ek dit, Here? Hoe weet ek dat alles eendag myne sal wees?” Die Here het hom so geantwoord: “Bring vir My ’n vers, ’n bok en ’n skaapram, almal so drie jaar oud. En bring ook sommer ’n tortelduif en ’n jong duif saam.” Abram het die diere bymekaargekry, hulle middeldeur gesny en die helftes teenoor mekaar gesit. Die voëls het hy egter nie deurgesny nie. Die roofvoëls het later op die dooie diere neergesak. Abram moes hulle heeltyd wegjaag. Teen sononder het Abram aan die slaap geraak. Alles rondom hom het donker geword en hy het baie diep geslaap.
GENESIS 15:7-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE sê verder vir hom: “Ek is die HERE wat jou uit Ur van die Galdeërs laat wegtrek het om hierdie land in besit te neem.” Maar Abram antwoord Hom: “Oppermagtige HERE, hoe kan ek verseker weet dat dit aan my sal behoort?” Die HERE antwoord hom: “Bring vir My ’n driejaaroud verskalf, ’n driejaaroud bokooi, ’n driejaaroud ram, ’n tortelduif en ’n jong duif.” Abram bring dit toe vir die HERE en slag hulle. Hy sny elkeen middeldeur en lê die helftes teenoor mekaar. Die duiwe sny hy egter nie in die helfte nie. Toe roofvoëls op die karkasse toesak, verwilder Abram hulle. Daardie aand, toe die son besig was om onder te gaan, oorval ’n diep slaap Abram en angs en donkerte het hom oorval.