GENESIS 17:7
GENESIS 17:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Ek bring 'n verbond tot stand tussen My en jou en jou nageslag en al hulle geslagte. Dit is 'n blywende verbond: Ek sal jou God wees en ook die God van jou nageslag.
GENESIS 17:7 Die Boodskap (DB)
“Ek sal my ooreenkoms met jou nakom, en met jou kinders. Wat Ek beloof het, geld vir altyd. Ek sal ook hulle God wees soos Ek joune is.
GENESIS 17:7 Bybel vir almal (ABA)
Ek maak 'n verbond tussen My en jou en jou nageslag en hulle nageslagte. Dit is 'n verbond wat altyd sal aanhou. Ek sal jou God wees en ook jou nageslag se God.
GENESIS 17:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as 'n ewige verbond, om vir jou 'n God te wees en vir jou nageslag ná jou.
GENESIS 17:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek sal my verbond tussen My en jou en jou nageslag ná jou handhaaf, deur hulle geslagte heen, as 'n ewige verbond, om vir jou 'n God te wees en vir jou nageslag ná jou.