GENESIS 2:10-14
GENESIS 2:10-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar het 'n rivier in Eden ontspring om die tuin nat te maak, en van daar af het dit verdeel en vier riviere geword. Die eerste rivier is die Pison en dit loop rondom die hele Gawila, waar daar goud is. Die goud van daardie land is suiwer. Daar is ook balsem en oniks. Die tweede rivier is die Gihon en dit loop rondom die hele Kus. Die derde is die Tigris wat oos van Assirië verbyloop, en die vierde is die Eufraat.
GENESIS 2:10-14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Rivier vloei uit Eden om die tuin nat te maak, en van daar af vertak dit. Dit word vier hoofstrome. Die naam van die eerste is Pison. Dit is die een wat vloei om die hele land Gawila, waar daar goud is. Die goud van daardie landstreek is goed. Daar is ook balsemhars en •oniksgesteentes. Die naam van die tweede rivier is Gihon. Dit is die een wat om die hele land Kus vloei. Die naam van die derde rivier is Hiddekel. Dit is die een wat aan die oostekant van Assirië vloei. Die vierde rivier is die Eufraat.
GENESIS 2:10-14 Die Boodskap (DB)
’n Groot rivier het binne-in Eden ontstaan en die hele tuin natgemaak. Daarvandaan het dit in vier takke verdeel. Die naam van die een tak was die Pison. Dit het deur die land van Hawila gekronkel. In Hawila was daar suiwer goud, balsem en oniks. Die tweede rivier is die Gihon genoem. Dit het deur die land Kus geloop. Die Tigris was die derde rivier. Dit is die een wat oos van Assur verbyloop. En die vierde rivier was die Eufraat.
GENESIS 2:10-14 Bybel vir almal (ABA)
Daar het 'n rivier uit Eden gekom om die tuin nat te maak. Die rivier het verdeel en dit het vier riviere geword. Die naam van die een rivier was Pison. Hierdie rivier het om die hele Gawila-land gevloei. Daar was goud en die goud was goed. Daar was ook balsem en oniks. Die naam van die tweede rivier was Gihon. Dit het om die hele land Kus gevloei. Die naam van die derde rivier was Tigris. Dit het oos van die land Assirië gevloei. Die naam van die vierde rivier was Eufraat.
GENESIS 2:10-14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En daar het 'n rivier uit Eden uitgegaan om die tuin nat te maak; en daarvandaan is dit verdeel en het vier lope geword. Die naam van die eerste is die Pison. Dit is hy wat om die hele land Háwila loop waar die goud is. En die goud van dié land is goed. Daar is ook balsemgom en onikssteen. En die naam van die tweede rivier is die Gihon. Dit is hy wat om die hele land Kus loop. En die naam van die derde rivier is die Hiddékel. Dit is hy wat oos van Assur loop. En die vierde rivier is die Frat.
GENESIS 2:10-14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
'n Rivier het uit Eden uitgegaan om die tuin nat te lei; en daarvandaan is dit geskei in vier koppe. Die naam van die eerste is Pison; dis wat die hele land Hawila omsingel, waar goud is; En die goud van daardie land is goed: daar is balsem en die onikssteen. Die naam van die tweede rivier is Gihon; wat die hele Kus land omtrek. Die naam van die derde rivier is Hiddekel; wat oos van Assirië loop. En die vierde rivier is Eufraat.
GENESIS 2:10-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
’n Rivier wat in Eden ontspring het, het water na die tuin gebring en daar in vier strome verdeel. Die een, die Pison, loop om die hele land Gawila. Dis die plek wat ryk is aan goud. Die goud is van hoogstaande gehalte en daar is ook balsem en oniks. Die tweede, die Gihon, vloei om die hele land Kus. Die derde een, die Tigris, loop oos van Assirië verby. Die vierde is die Eufraat.