GENESIS 22:15-16
GENESIS 22:15-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die Engel van die HERE het daarna 'n tweede keer uit die hemel na Abraham geroep en gesê: “By Myself sweer Ek,” is die uitspraak van die HERE, “omdat jy dit gedoen het en nie jou seun, jou enigste, van My teruggehou het nie
GENESIS 22:15-16 Die Boodskap (DB)
Die Here het weer deur sy Engel uit die hemel gepraat en gesê: “Vandag was jy bereid om hierdie lieflingskind van jou te offer; daarom beloof Ek jou
GENESIS 22:15-16 Bybel vir almal (ABA)
Die Engel van die Here het weer uit die hemel met Abraham gepraat en gesê: “Jy het gedoen wat Ek gevra het. Jy het nie geweier om jou seun te offer nie. Daarom belowe Ek, die Here
GENESIS 22:15-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe roep die Engel van die HERE vir die tweede keer na Abraham van die hemel af en sê: Ek sweer by Myself, spreek die HERE, omdat jy dit gedoen het en jou seun, jou enigste, nie teruggehou het nie
GENESIS 22:15-17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Engel van die Here het weer uit die hemel na Abraham geroep en gesê: “Dit is Ek, die Here, wat praat. Ek lê 'n eed af by Myself dat Ek jou baie sal seën oor wat jy gedoen het: jy het nie geweier om jou seun, jou enigste seun, aan My te offer nie. Ek sal jou vrugbaar maak en jou nageslag so baie maak soos die sterre aan die hemel en soos die sand van die see. Jou nageslag sal die stede van sy vyande in besit neem.