GENESIS 22:9
GENESIS 22:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe hulle aankom by die plek wat God vir hom gewys het, het Abraham daar 'n altaar gebou en die hout reggepak. Hy het sy seun, Isak, vasgebind en hom op die altaar neergelê, bo-op die hout.
GENESIS 22:9 Die Boodskap (DB)
Uiteindelik het hulle by die plek gekom waarvan God gepraat het. Abraham het dadelik afgepak, ’n altaar gebou, die hout gevat en dit op die altaar gesit.
GENESIS 22:9 Bybel vir almal (ABA)
Toe hulle by die plek kom wat God vir Abraham gesê het, het Abraham daar 'n altaar gebou en hy het die hout uitgepak. Hy het sy seun Isak vasgebind en hom op die altaar gesit, bo-op die hout.
GENESIS 22:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe hulle kom op die plek wat God hom aangewys het, het Abraham daar die altaar gebou en die hout reggelê; daarna het hy sy seun Isak gebind en hom op die altaar bo-op die hout gesit.
GENESIS 22:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe hulle aankom by die plek wat God vir Abraham aangewys het, het Abraham daar 'n altaar gebou. Hy het die hout reggesit en sy seun Isak vasgebind en op die altaar neergesit, bo-op die hout.