GENESIS 26:24
GENESIS 26:24 Bybel vir almal (ABA)
Daardie nag het die Here aan hom verskyn en vir hom gesê: “Ek is die God van jou pa Abraham. Moenie bang wees nie, Ek is by jou. Ek sal jou seën en Ek sal jou nageslag baie maak. Ek sal dit doen omdat Ek lief was vir my dienaar Abraham.”
GENESIS 26:24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die HERE het aan hom in dieselfde nag verskyn en gesê: Ek is die God van Abraham, jou vader. Moenie bang wees nie, want Ek is met jou; en Ek sal jou seën en jou nageslag vermeerder ter wille van Abraham, my kneg.
GENESIS 26:24 Afrikaans 1983 (AFR83)
en die nag toe hy daar kom, het die Here aan hom verskyn en vir hom gesê: “Ek is die God van jou vader Abraham. Moenie bang wees nie, want Ek is by jou. Ek sal jou seën en jou 'n groot nageslag gee ter wille van my dienaar Abraham.”
GENESIS 26:24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daardie nag het die HERE aan hom verskyn en gesê: “Ek is die God van jou vader Abraham. Moenie bang wees nie, want Ek is met jou. Ek sal jou seën en jou nageslag talryk maak ter wille van Abraham, my dienskneg.”
GENESIS 26:24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die HERE het dieselfde nag aan hom verskyn en gesê: Ek is die God van jou vader Abraham; moenie vrees nie, want Ek is met jou en sal jou seën en jou nageslag vermeerder ter wille van my kneg Abraham.
GENESIS 26:24 Die Boodskap (DB)
Sommer nog dieselfde nag het die Here na hom toe gekom en gesê: “Isak, Ek is die God van jou pa, Abraham. Jy moet vir niks bang wees nie, want Ek is by jou. Omdat jou pa My getrou gedien het, sal Ek jou seën en vir jou ’n groot nageslag gee.”
GENESIS 26:24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Met sy aankoms daar het die HERE die aand aan hom verskyn en gesê: “Ek is die God van jou pa Abraham. Moenie bang wees nie, want Ek is by jou en sal jou seën. Ek sal jou nageslag baie maak en hulle sal ’n groot nasie word. Ek sal dit doen omdat Ek dit vir Abraham, my dienskneg, belowe het.”