GENESIS 28:3-4
GENESIS 28:3-4 Bybel vir almal (ABA)
God die Almagtige sal jou seën. Hy sal jou vrugbaar maak en Hy sal vir jou 'n groot nageslag gee. Jy sal die voorvader van 'n baie groot volk word. God sal jou seën soos Hy vir Abraham geseën het. Hy sal jou en ook jou nageslag seën. Hy sal vir jou die land gee waar jy nou 'n vreemdeling is. Dit is die land wat Hy vir Abraham gegee het. Dit sal jou land wees.”
GENESIS 28:3-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En mag God, die Almagtige, jou seën en jou vrugbaar maak en jou vermeerder, sodat jy 'n menigte van volke kan word. En mag Hy jou gee die seën van Abraham, aan jou en jou nageslag saam met jou, dat jy die land van jou vreemdelingskap in besit kan neem wat God aan Abraham gegee het.
GENESIS 28:3-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
God die Almagtige sal jou seën: Hy sal jou vrugbaar maak en jou 'n groot nageslag gee. Jy sal 'n baie groot volk word. Hy sal jou die seën laat toekom wat Hy aan Abraham gegee het: jy en jou nageslag sal die land waarin jy woon, as besitting ontvang, die land wat God aan Abraham gegee het.”
GENESIS 28:3-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Mag God, die Almagtige, jou seën, jou vrugbaar en talryk maak, sodat jy 'n skare van volke word. Mag Hy vir jou die seën van Abraham gee, vir jou en jou nageslag saam met jou, sodat jy die land waar jy as •vreemdeling woon, in besit kan neem – die land wat God vir Abraham gegee het.”
GENESIS 28:3-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En God, die Almagtige, seën jou en maak jou vrugbaar en vermeerder jou, sodat jy 'n menigte van mense kan wees; Gee jou die seën van Abraham, aan jou en jou nageslag saam met jou; dat jy die land kan beërwe waarin jy 'n vreemdeling is wat God aan Abraham gegee het.
GENESIS 28:3-4 Die Boodskap (DB)
En mag die almagtige God jou help. Mag Hy by jou wees en mag jy baie kinders hê. En mag jou nageslag so groot wees dat julle sommer ’n groot volk sal word. Mag die Here so naby aan jou en jou nageslag wees soos Hy vroeër naby aan Abraham was. En mag die Here vir jou die land gee waarop jy nou as vreemdeling loop; die land wat die Here destyds al aan Abraham beloof het.”
GENESIS 28:3-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Mag God die Almagtige jou seën en vir jou baie kinders gee. Mag Hy jou ’n groot nasie maak. Jy en jou nageslag sal die beloftes aan Abraham ontvang. Hierdie land waar ons nou as vreemdelinge woon, sal die eiendom van jou nageslag word, want God het dit reeds aan Abraham gegee.”