GENESIS 3:17
GENESIS 3:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Vir die mens het die Here God gesê: “Omdat jy na jou vrou geluister het en geëet het van die boom waarvan Ek jou verbied het om te eet, “is die aarde deur jou toedoen vervloek; met swaarkry sal jy daaruit 'n bestaan maak, jou lewe lank
GENESIS 3:17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Vir die mens sê Hy: “Jy het jou deur jou vrou laat ompraat en van die vrugte geëet wat Ek jou verbied het om te doen. Daarom vervloek Ek die grond. Jou hele lewe lank sal jy met swaarkry sukkel om ’n bestaan daaruit te maak.
GENESIS 3:17 Bybel vir almal (ABA)
Daarna het die Here God vir die mens gesê: “Jy het na jou vrou geluister en jy het geëet van die vrugte van die boom wat jou kan help om te weet wat goed is en wat sleg is. Ek het vir jou gesê jy moenie daarvan eet nie. Daarom vervloek Ek die grond waarin jy moet werk. Jy sal baie swaar kry en jy sal jou hele lewe lank hard werk om genoeg kos te kry.
GENESIS 3:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En aan die mens het Hy gesê: Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie — vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe.
GENESIS 3:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vir die mens het Hy gesê: “Omdat jy geluister het na jou vrou se stem, en geëet het van die boom waarvan Ek jou beveel het, ‘Jy mag nie daarvan eet nie!’ is die grond deur jou toedoen vervloek. Met swaarkry sal jy daarvan eet, solank jy leef
GENESIS 3:17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En aan Adam het Hy gesê: Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het deur te sê: Jy mag nie daarvan eet nie; vervloek is die aarde; met droefheid sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe
GENESIS 3:17 Die Boodskap (DB)
Vir die man het Hy gesê: “Omdat jy na jou vrou geluister het en van die verbode vrugte geëet het, sal die grond vervloek wees ter wille van jou: jy sal jou lewe lank bitter hard moet werk. Niks groei van nou af meer vanself uit die aarde nie. As jy iets wil oes, sal jy hard, baie hard, daarvoor moet werk.